top of page
Anoniem

Melkkos vir die koue


In ons huis eet ons pannekoek met die eerste reën. Die jaar kom die voorstel toe, dit moet melkkos wees met die eerste sneeu. Alhoewel ek moet erken, dit staan bekend as padda-ogies in ons huis, want ek verkies sago bo snysels. Hier is my vinnige resep daarvoor as dit dalk ook sneeu daar waar jy bly of as jy dalk bietjie nostalgies voel!


Bestanddele:

10ml olie

45 ml botter

125 g spaghettini (die dun spaghetti)

875 ml melk

875ml water

1 blik kondensmelk

2 stokke kaneel

5 ml sout

60-125 ml sago


Metode:

  1. Smelt die olie en botter saam.

  2. Braai die spaghettini in die olie tot strooikleurig.

  3. Gooi alles behalwe die sago by en bring tot kookpunt. Draai die hitte na medium.

  4. Week die sago vir 10 minute. Onthou om deurgans die mengsel op die stoof te roer (dit brand maklik).

  5. Spoel die sago af en dreineer. Gooi by die warm mengsel in die pot.

  6. Kook tot alles gaar is. So min of meer 30 minute. Onthou: roer, roer, roer.

  7. Skep in bakkies en strooi fyn kaneel oor (as jy dit soeter verkies, gebruik kaneelsuiker).

Wenke:

  • As jy van dik melkkos hou, gooi 125ml sago by.

  • As dit te dik is, maak dunner met nog melk.



283 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


bottom of page